Conrad – Junie 1991

Hieronder volg ‘n herkoutjie, my vertaling vir ‘n musing. Ek het dit in 1991 geskryf na die geboorte van ons tweede seun.

Conrad

Ek hou ‘n stukkie van my seuntjie tussen my duim en wysvinger vas. Dis so groot soos ‘n papajapit. Omtrent net so sag ook. Een helfte is half deursigtig; die ander is pienk-wit…

Saterdagoggend, 8 Junie 1991, vieruur. Ronél maak my wakker met ‘n dringende stem. Min slaap vir té lank laat my droomloos en diep slaap, maar ek is dié keer dadelik wakker. Haar water het gebreek en ons verwagteling is oppad. Anders as met Nicolas was daar éérs kontraksies gewees – so sedert middernag.

Continue reading

‘n Lag en ‘n Traan

Slaap rustig, Lucas Maree
(geb: 22 Julie 1952 – oorl: 18 Februarie 2011).

Ek onthou goed die eerste keer toe ek van Lucas Maree gehoor het. Hy was die langhaar, bebaarde sanger wat in die fliek You Must Be Joking (1986) onder Leon Schuster deurgeloop het. Oormatige tegniese probleme in die ateltjee en selfs ‘n aanklag van onprofessionaliteit kon Lucas nie beweeg om (te) kwaad te raak nie – en sy verligting was groot toe hy hoor dat alles net ‘n poets was.

Continue reading