‘n Lag en ‘n Traan

Slaap rustig, Lucas Maree
(geb: 22 Julie 1952 – oorl: 18 Februarie 2011).

Ek onthou goed die eerste keer toe ek van Lucas Maree gehoor het. Hy was die langhaar, bebaarde sanger wat in die fliek You Must Be Joking (1986) onder Leon Schuster deurgeloop het. Oormatige tegniese probleme in die ateltjee en selfs ‘n aanklag van onprofessionaliteit kon Lucas nie beweeg om (te) kwaad te raak nie – en sy verligting was groot toe hy hoor dat alles net ‘n poets was.

In die 7 jaar wat ons in Columbus, Ohio, gebly het, was Lucas se CD Miljoen my gunsteling Afrikaanse CD. Sy lirieke is ongekompliseerd en nostalgies, dog vol van lewensvreugde en inspirasie. Die liedjie Miljoen het die hunkering van net soveel Afrikaners verwoord: “Ek sou kon doen met ‘n miljoen!”

Ek dink hy was ‘n besondere mens gewees. Mens hoor dit in liedjies soos Droomvrou en Jerigo. Mens sien dit wanneer jy van hom lees. En jy weet dit as sy kinders só van hom praat:

Lucas was die beste pa waarvoor ’n mens kon vra. Ons het altyd saam gelag. Hy het die talent gehad om ons as kinders te laat glo dat die wêreld ’n towerwêreld is. Selfs nou dat ons groot is, glo ons dit steeds. Dit was ’n voorreg om saam met hom te kon musiek maak. Baie min kinders kan dit sê. Ons sal hom geweldig mis.
~ Karen Burger, Rapport, 2011-02-19

One Response

  1. Ek sou (ook) kon doen met ‘n miljoen en met ‘n beste pa-skap waarvoor ‘n mens kon vra.

    LIFE

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: